Ons stuur pakkies dwarsoor Australië en Nieu Zeeland.

Betaalmetodes:

Volg ons:

Buffelsfontein baard-olie Au/NZ proudly created by a real man with a real beard

Kontak ons

Buffelsfontein Baard-olie Au/NZ 

 

  • Facebook App Icon
  • YouTube App Icon

Baarde, soos vroumense, kort aandag. Die verskil is dat jou baard jou nooit sal verlaat vir ’n man met meer geld en minder pens nie. Dis ’n wetenskaplike feit dat ’n slordige, droë baard ’n man soos ’n huislose pedofiel laat lyk. So bederf daai vriend op jou kennebak.

Baard-olie hidreer die vel onder jou baard en hou dit gesond. Dit hou ook jou baardhare gesond en keer dat dit breek of split. Dus word jou baard vinniger langer en meer statig. Die olie maak die baardhare sag sodat jou nooi nie neul oor ’n krapperige kus nie. Boonop laat dit jou baard lekker ruik en laat dit glinster soos die dou op ‘n bakkie se dak, net voor jy vroegoggend die jagveld in ry.

Ons baard-olie word net met die heel hoogste kwaliteit, koud-geparste, plaaslik vervaardigde olies gemaak sodat al die vitamiene en minerale behoue bly. Ons botteltjies is ook van so ’n aard dat die ultraviolet strale van die son nie die struktuur van die olie afbreek nie.

So moenie ’n sissie wees nie man, koop ’n bottel.

Wat is baard-olie?

Hoe om ons baard-olie produkte te gebruik
Voorbereiding

Die beste tyd om baard-olie aan te wend is in die oggend na ’n warm stort, of gesig was, terwyl jou baard nog effens klam is.

Baard-olie
Gooi ’n bietjie baard-olie in die palm van jou hand (min of meer so groot soos die omtrek van 'n steenbok se oog)
Vryf dit oor al twee hande en werk dit met jou vingers in die vergete vel onder jou baard in.
Vryf die res deur en bo-oor jou baard en kam uit. Dit neem so 10 minute om in te trek.
RSM Baardbalsem

Al daardie halsstarrige haartjies wat uitstaan soos koringare op steroids se dae is getel. Parade…. aandag!

Snorsalf

Wys die wêreld ’n snor so netjies en op sy plek, soos die sade binne ’n sekelbos peul.

1.

2.

3.

4.